31 Die mense van Madmena vlug, die mense wat in Gebim woon, probeer wegkruip.
32 Môre sal die Assiriërs in die stad Nob wees. Hulle sal met hulle vingers wys na die berg waar Jerusalem is, waar die tempel staan.
33 Ja, die Here, die Here wat oor alles regeer, sal die takke afkap. Hy is sterk, Hy sal die groot, hoë bome afkap, dit is die mense wat dink hulle is belangrik.
34 Die Sterk God sal die plante in die bos afkap met ’n byl. Hy sal die bome van die Libanon-bos laat omval.