5 Dit sal sleg gaan met die Assiriërs.Hulle was vir My ’n kierie en ’n stok.Ek slaan my volk met die kierie,want Ek is kwaad vir hulle.
6 Ek stuur die Assiriërs na hierdie slegte volk toe,na die mense vir wie Ek kwaad is.Die Assiriërs moet my volk se goed vaten op hulle trap soos ’n mens trapop modder in die strate.
7 Maar dit is nie genoeg vir die Assiriërs nie,hulle wil mense doodmaak,hulle wil baie volke doodmaak.
8 Die koning van Assirië sê:“My amptenare is konings van ander volke.
9 Ek het baie stede oorwin:Kalno, Karkemis, Hamat, Arpad, Samaria en Damaskus.
10 Ek het die afgode se stede oorwin,en daar is meer beelde in die ander stedeas in Jerusalem en Samaria.
11 Ek sal met Jerusalem en die beelde van sy afgode doensoos ek gedoen het met Samaria en sy afgode.”