6 Ek stuur die Assiriërs na hierdie slegte volk toe,na die mense vir wie Ek kwaad is.Die Assiriërs moet my volk se goed vaten op hulle trap soos ’n mens trapop modder in die strate.
7 Maar dit is nie genoeg vir die Assiriërs nie,hulle wil mense doodmaak,hulle wil baie volke doodmaak.
8 Die koning van Assirië sê:“My amptenare is konings van ander volke.
9 Ek het baie stede oorwin:Kalno, Karkemis, Hamat, Arpad, Samaria en Damaskus.
10 Ek het die afgode se stede oorwin,en daar is meer beelde in die ander stedeas in Jerusalem en Samaria.
11 Ek sal met Jerusalem en die beelde van sy afgode doensoos ek gedoen het met Samaria en sy afgode.”
12 Die Here sal die werk klaarmaak wat Hy wil doenop Sionsberg en in Jerusalem,en dan sal Hy die koning van Assirië straf,die koning wat so hoogmoedig is.