9 Ek het baie stede oorwin:Kalno, Karkemis, Hamat, Arpad, Samaria en Damaskus.
10 Ek het die afgode se stede oorwin,en daar is meer beelde in die ander stedeas in Jerusalem en Samaria.
11 Ek sal met Jerusalem en die beelde van sy afgode doensoos ek gedoen het met Samaria en sy afgode.”
12 Die Here sal die werk klaarmaak wat Hy wil doenop Sionsberg en in Jerusalem,en dan sal Hy die koning van Assirië straf,die koning wat so hoogmoedig is.
13 Want die koning van Assirië het gesê:“Ek is sterk en ek is slim,ek het ander mense se lande en goed gevat.Daardie mense is nou my slawe.
14 Ek het alles vir myself gevatwat aan die ander volke behoort,en al hulle lande het my lande geword.Dit was soos wanneer iemand eiers uit ’n nes vatmaar die voël klap nie sy vlerke nie,en hy maak nie sy bek oop en skree nie.”
15 ’n Byl kan nie spogteen die man wat met die byl kap nie,’n saag kan hom nie verbeelhy is beter as die man wat met hom saag nie,’n kierie kan nie die man swaaiwat die kierie optel nie,’n stok kan nie die man optelwat die stok vashou nie.