12 Die Here sal ’n vlag ophou tussen die volke en Hy sal die mense van Israel en Juda bymekaarmaak. Die vyande het hulle weggevat en hulle oral op die aarde laat woon.
13 Die mense van Efraim sal nie meer kwaad wees nie en die vyande van Juda sal sterf. Die mense van Efraim en die mense van Juda sal ook nie meer kwaad wees vir mekaar nie.
14 Hulle sal saam oorlog maak teen die Filistyne in die weste en hulle sal die mense in die ooste se goed vat. Hulle sal die Edomiete en die Moabiete oorwin, en hulle sal oor die Ammoniete regeer.
15 Dan sal die Here die punt van die see by Egipte droog laat word en Hy sal sy hand oor die Eufraat-rivier swaai en ’n stormwind stuur. Dan sal daar net sewe klein riviertjies oorbly, ’n mens sal deur hulle kan loop.
16 Daar sal ’n pad wees uit Assirië vir die Here se mense wat oorgebly het. Dit sal wees soos toe die Israeliete weggegaan het uit Egipte.