4 Wanneer die arm mense in die poort kom,dan sal die koning reg doen aan hulle.Hy sal reg doen aan die mensewat nie belangrik is nie.Hy sal regeer oor almal in die land,en wanneer mense verkeerd doen,dan sal hy sê hulle moet sterf.
5 Hy sal ’n koning weeswat regverdig sal regeeren hy sal eerlik wees.
6 Die lam en die wolf sal saam woon.Die luiperd sal by die bokkie lê.Die leeu en die kalf en die bees sal saam wees,en ’n seuntjie sal vir hulle sorg.
7 Die koei en die beer sal saam gras vreet,hulle kleintjies sal bymekaar lê,en die leeu sal gras vreet soos ’n koei.
8 Klein kindertjies sal by slange se gate speelen hulle sal aan die slange vat.
9 Die Here sê:“Op my gewyde bergsal niemand verkeerd doen nie,niemand sal iets breek nie.”Die see is vol water,en so sal die land ook vol mense weeswat naby My wil wees.
10 Daardie dag sal die koning van die nageslag van Isai ’n teken wees vir die volke dat hulle moet kom. Hulle sal vir die koning vra wat hulle moet doen, en sy woonplek sal baie mooi wees.