1 Jy sal daardie dag sê:“Here, ek wil U prys,want U was kwaad vir my,maar U is nie meer kwaad nieen U het dit weer goed laat gaan met my.
2 U is die God wat my sal red.Ek glo dit, en ek sal nie bang wees nie.Die Here maak my sterk en bly.Hy is my Redder.”
3 Julle sal bly wees en juigwanneer julle water skepuit die Fontein van redding.
4 Julle sal daardie dag sê:“Prys die Here,sê vir almal wie Hy is,vertel vir al die volkewat Hy gedoen het,sê vir hulle Hy is belangriker as alles.