1 Die Here is kwaad vir die Moabiete. Hy het gesê:“Die vyande het die stad Ar-Moabin een nag verwoes en afgebreek,hulle het ook die stad Kir-Moabin een nag verwoes en afgebreek.
2 Die mense van die stad Dibongaan na die tempels,hulle gaan na die offer-plekkeom te huil.Die Moabiete huil oor die stede Nebo en Medeba.Hulle het hulle hare en hulle baard afgeskeer,
3 hulle trek rouklere aan op die strate,hulle sit almal en huilop die dakke en op die oop plekke,hulle is baie hartseer,hulle wil sterf.
4 Die mense van die stede Gesbon en Elale roepen vra dat iemand hulle moet help,die mense van die stad Jahas hoor dit.Daarom bewe die soldate van Moab,hulle word moedeloos.
5 Ek is baie jammer vir die Moabiete,want hulle vlug tot by die stede Soar en Eglat-Selisija,hulle huil en gaan na die stad Lugit,hulle skree op die pad na die stad Goronajimomdat hulle land verwoes is.