5 Ek is baie jammer vir die Moabiete,want hulle vlug tot by die stede Soar en Eglat-Selisija,hulle huil en gaan na die stad Lugit,hulle skree op die pad na die stad Goronajimomdat hulle land verwoes is.
6 Daar is nie meer water by die stad Nimrim nie,die gras het droog geword,daar is nie meer plante nie,niks is groen nie.
7 Daarom vat die Moabiete al hulle goeden dra dit oor die Populier-rivier.
8 Al die mense in Moab roepen vra dat iemand hulle moet help,ook die mense in die stede Eglajim en Beër-Elim.
9 Die water van Dibon is vol bloed,maar Ek, die Here, sal dit nog slegter laat gaanmet die mense van Dibon.Ek sal leeus stuur om die Moabiete aan te val,die Moabiete wat nog leween wat oorgebly het in die land.”