13 Die Here is kwaad vir die Arabiere. Hy het gesê:“Julle, handelaarswat van die land Dedan kom,julle moet in die bos slaapin Arabië.
14 Julle wat in die land Teman woon,julle moet water bringvir die mense wat dors isen julle moet brood geevir die mense wat vlug.
15 Hulle vlug vir die swaarde,vir die swaard en die pyl en boogvan hulle vyande.Hulle vlug wegvan ’n wrede oorlog.”
16 Ja, die Here het vir my gesê:“Oor ’n jaar sal die mense van die land Kedarnie meer ryk wees nie.In hierdie jaar sal hulle so swaar krysoos ’n dagloner.
17 Min soldate van Kedarsal nog lewe.”Ja, die Here, die God van Israel,het dit gesê.