7 en wanneer hy oorlogkarre sienmet perde of donkies of kamele,dan moet hy baie goed kyk.
8 Die wag het gesê:“Meneer, ek het die hele dagen die hele nag gekyk.
9 Ek sien daar kom ’n oorlogkar met perde,en daar is mense op die oorlogkar.”Toe die wag weer praat, het hy gesê:“Die mure van Babel het omgeval!Al die afgodsbeelde van die stadlê stukkend op die grond.”
10 My volk, die vyande het op julle getrapsoos ’n mens die koringop die dorsvloer trap.Ek het vir julle gesêwat ek gehoor hetby die Here wat oor alles regeer,die God van Israel.
11 Die Here is kwaad vir die Edomiete. Hy het oor hulle gepraat.Iemand praat met my uit Seïr.Hy vra vir die wag:“Wanneer is die nag verby,wanneer is die nag verby?”
12 Die wag het geantwoord:“Die môre kom,en die nag sal ook weer kom.As jy weer wil vra,dan kan jy weer kom en weer vra.”
13 Die Here is kwaad vir die Arabiere. Hy het gesê:“Julle, handelaarswat van die land Dedan kom,julle moet in die bos slaapin Arabië.