1 Die Here is kwaad. Hy het gepraat teen die vallei waar Hy vir die profete gewys het wat sal gebeur.Hoekom het al jou mensenou op die huise se dakke geklim?
2 Jy was ’n stadwaar die mense altyd geraas het,jou mense het aangehou praat en lag.Jou mense wat gesterf het,het nie in oorlog gesterf nie.
3 Jou leiers het almal gevlug.Hulle het nie oorlog gemaak nie,maar die vyande het hulle gevang.Die vyande het al jou mense gevang,daar ver waar hulle weggevlug het.
4 Daarom het ek gesê:“Moenie na my kyk nie,ek wil huil.Die vyande het slegte dinge gedoen aan my volk,maar moenie probeer om my te troos nie.”