10 Hulle het die huise in Jerusalem getelen hulle het party huise afgebreek.Hulle het die klippe gebruikom die muur van die stad sterk te maak,
11 en hulle het ’n dam gemaaktussen die twee mure van die stad.Die water van die ou damhet in hierdie dam gevloei.Maar hulle het nie vir God gevraom hulle te help nie,God wat dit alles laat gebeur het,Hy wat lank gelede besluit hetdat dit so moet wees.
12 Die Here wat oor alles regeer,wou daardie dag hêdat hulle moet huil en treur,dat hulle almal hulle hare en baarde moet afskeeren rouklere moet aantrek.
13 Maar hulle was vrolik en bly,hulle het beeste en skape geslag,hulle het vleis geëet en wyn gedrink.Hulle het gesê:“Kom ons eet en drink,want môre sterf ons.”
14 Die Here wat oor alles regeer,het vir my gesê:“Ek sal hierdie sonde nie vergewe nie,so lank soos hulle lewe.”
15 Die Here, die Here wat oor alles regeer, het gesê: “Jy moet na Sebna toe gaan. Hy is die belangrike amptenaar wat moet kyk dat alles in die paleis van die koning goed gaan. Jy moet vir hom sê:
16 ‘Wat doen jy hier? Nie een van jou mense het hier ’n graf nie, maar jy kap vir jouself ’n graf hier hoog in die rots. Jy verbeel jou jy is belangrik,