16 ‘Wat doen jy hier? Nie een van jou mense het hier ’n graf nie, maar jy kap vir jouself ’n graf hier hoog in die rots. Jy verbeel jou jy is belangrik,
17-18 maar almal in die paleis van jou koning is skaam oor wat jy doen. Die Here sal jou nou weggooi, ver weg. Hy sal jou gryp en Hy sal jou rol totdat jy ’n ronde bol is. Dan sal Hy jou rol tot in ’n ver land, en daar sal jy sterf. Jy is trots op jou oorlogkarre, maar die vyande sal hulle verwoes.
19 Die Here sal jou uitskop uit jou werk, Hy sal jou wegjaag.’
20 “Die Here het ook gesê: ‘Daardie dag sal Ek my dienaar Eljakim roep, die seun van Gilkija.
21 Ek sal jou rok vat en Ek sal dit vir hom aantrek en jou nekdoek om hom vasmaak en Ek sal jou werk vir hom gee. Hy sal soos ’n pa wees vir die mense van Jerusalem en Juda.
22 Ek sal vir hom die sleutels gee van die paleis van die koning van die nageslag van Dawid. As hy iets oopsluit, dan sal niemand dit kan toesluit nie, en as hy iets toesluit, dan sal niemand dit kan oopsluit nie.
23 Hy sal soos ’n stok wees wat Ek op die regte plek in die muur inslaan, en sy familie sal baie trots wees op hom.