6 Die Elamiete het gekommet pyl en boog,hulle het op oorlogkarre gery,perde het die oorlogkarre getrek.Die mense van die land Kirhet hulle skilde gereedgehouom oorlog te maak.
7 Daar was oorlogkarre en perdein die valleie rondom die land Juda,en hulle het by die poortevan die stede kom staan.
8 Die vyande het Judamaklik aangeval.Daardie dag het die mense in Jerusalem gekykhoeveel wapens in die houthuis is,
9 en hulle het gesien daar isbaie gate in die muur van Jerusalem,die stad van Dawid.
10 Hulle het die huise in Jerusalem getelen hulle het party huise afgebreek.Hulle het die klippe gebruikom die muur van die stad sterk te maak,
11 en hulle het ’n dam gemaaktussen die twee mure van die stad.Die water van die ou damhet in hierdie dam gevloei.Maar hulle het nie vir God gevraom hulle te help nie,God wat dit alles laat gebeur het,Hy wat lank gelede besluit hetdat dit so moet wees.
12 Die Here wat oor alles regeer,wou daardie dag hêdat hulle moet huil en treur,dat hulle almal hulle hare en baarde moet afskeeren rouklere moet aantrek.