8 Wie het besluitdit moet met Tirus gebeur?Tirus het konings gekiesen aangestel om te regeer.Tirus se handelaars was prinse,hulle was die belangrikste menseop die aarde.”
9 Die Here wat oor alles regeer,Hý het dit besluit.Hy het besluitom hoogmoedige mense te straf,
10 om die belangrike mensevan die aarde te verneder.Mense van Tirus,julle moet nou in die grond werksoos die Egiptenaars,want daar is nie meer ’n hawevir julle skepe nie.
11 Wanneer die Here sy handuitsteek oor die see,dan bewe die konings en hulle mense.Die Here het gesêdie vyande moet die stede verwoesin die land van die Fenisiërs,die stede wat sterk mure het.
12 Die Here het gesê:“Sidon, jy sal nie meer vrolik weesen feesvier nie.Die vyande sal jou verwoes.Gaan na die Kittiërs toe.Maar jy sal ook nie daarkan rus nie.
13 Kyk wat het gebeurmet die mense van Babel,hulle is nie meer ’n volk nie.Die Assiriërs het oorlog gemaakteen die staden hulle het die mooi huise verwoes.Babel is nou net ’n hoop grond,’n plek waar woestyn-diere woon.
14 Die manne op die skepe van Tarsismoet huil,want Tirus is verwoes,die stad waar hulle veilig wasin die storms.”