1 Die Here sê:Dit sal sleg gaan met Jerusalem,die stad waar Ek wil vuurmaak,die stad waar Dawid sy tenteopgeslaan het.Die jare komen die jare gaan verby,en die mense in die stadhou aan om fees te vier.
2 Maar Ek sal die stad laat swaarkry,en die mense sal huil en treur.Die stad sal vir My die plek weeswaar Ek vuurmaak.
3 Ek sal die tente van my soldateopslaan rondom die stad,en Ek sal torings bouen groot hope grond teen die stadse mure gooisodat die soldate oor die muurin die stad kan kom.
4 Die vyande sal die stad verwoes.Die mense in die stad sal sterf.Hulle sal sag uit die grond praatsoos ’n spook wat fluister.
5 Die wrede mense wat ander menseverdruk het in die stad,sal soos fyn stof word,soos kaf wat wegwaai.Dit sal skielik gebeur,so vinnig soos ’n mens sy oog knip.
6 Dit is die Here wat dit sal doen,die Here wat oor alles regeer.Hy sal die mense in die stad straf.Daar sal donderweer weesen aardbewings.Dit sal raas.Daar sal storms en donderweer wees,en daar sal baie vure wees.