13 Die Here is die Regter, Hy wil die volke straf.
14 Die Here bring die leiers en die amptenare van sy volkna die poorten Hy sê: “Julle het my volk se druiwe gepluken die goed gevat van die mensewat hulleself nie kan help nie.
15 Hoekom doen julle slegte dingeaan my volk?Hoekom verdruk julle die mensewat hulleself nie kan help nie?”Dit is wat die Here sê, die Here wat oor alles regeer.
16 Die Here het ook gesê:Die vroue in Jerusalem is hoogmoedig.Hulle loop neus in die lug en swaai hulle heupe.Hulle kyk vir die mans en knip hulle oë,hulle skud die ringe om hulle enkels.
17 Maar die Here sal hulle koppe vol sere maak,en hulle hare sal uitval.
18 Daardie dag sal Hy hulle mooi goed wegvat:die ringe om hulle enkels en die juwelewat lyk soos die son en die maan,
19 die oor-ringe en die armbande en sluiers,