19 die oor-ringe en die armbande en sluiers,
20 die kop-ringe en die kettings om hulle enkels,die mooi gordels om hulle lyf, die reukwater,die juwele om hulle nekke,
21 die ringe aan hulle vingers en die neusringe,
22 die mooi rokke, die doeke om hulle skouers, die handsakkies,
23 die spieëls, die lang rokke, die kopdoeke en die kort jassies.
24 Wanneer die Hereal die mooi goed weggevat het,dan sal die vroue nie meerlekker ruik nie, hulle sal stink.Hulle sal nie meer mooi gordels dra nie,hulle sal toue om hulle lyf dra.Hulle sal nie hulle hare kan vleg nie,want hulle sal kaalkop wees,hulle sal nie meer mooi klere dra nie,hulle sal rouklere dra.Hulle sal nie meer mooi wees nie,daar sal brandmerke op hulle lywe wees,want hulle sal slawe wees.
25 Die mans van Jerusalem, die soldate,sal in die oorlog sterf.