5 Dan sal die mense met mekaar begin baklei.Die jongmense sal parmantig wees met die oumense,en die onbelangrike mense sal parmantig weesmet die belangrike mense.
6 ’n Man sal sy broer gryp in sy pa se huis en vir hom sê:“Jy moet ons leier wees, want jy het mooi klere.Jy moet regeer oor hierdie stad wat nou ’n hoop klippe is.”
7 Maar die broer sal sê: “Nee, ek wil nie julle leier wees nie,ek het nie kos en mooi klere in my huis nie,julle moet my nie die leier van die mense maak nie.”
8 Ja, Jerusalem is nou ’n hoop klippe,en die land Juda is verwoes,want alles wat die mense sê en doen, is téén die Here.Hulle wil nie luister na die Here nie.
9 In die poort doen hulle nie reg aan die arm mense nie,en hulle maak soos die mense van Sodom.Hulle is nie skaam oor hulle sonde nie.Dit sal sleg gaan met hulle,hulle hou aan om sonde te doen totdat die Here hulle straf.
10 En vir die mense wat reg doen, moet julle sê:“Dit sal baie goed gaan met julle,want julle het goed gedoen.”
11 Maar dit sal sleg gaan met die mense wat verkeerd doen, baie sleg,want hulle hou aan om sonde te doen totdat die Here hulle straf.