12 Julle moet met julle vuiste op julle bors slaan en huiloor die mooi landeen die vrugbare wingerde.
13 Julle moet huiloor die land van my volk,oor die huise waar almalvrolik was,oor die stad waar almal feesgevier het,want dit is vol dorings en bossies.
14 Ja, daar is niemandin die koning se huis nie,die stad is nie meer vol mense nie.Daar is nou net grottewaar die Ofel voorheen wasen die toring waar die wagtegestaan het.Dit sal altyd so wees.Nou loop daar wildedonkies ronden daar wei skape en bokke.
15 Dit sal so weestotdat die Gees van Boop ons kom.Dan sal die woestynvol vrugtebome wees,en die vrugtebomesal so naby mekaar weessoos die bome in ’n bos.
16 In die woestynen tussen die vrugtebomesal die mense reg doenen hulle sal regverdig wees.
17 Hulle sal altyd rus en vrede hêomdat hulle reg sal doenaan mekaar.
18 Die Here sê sy volk sal woonin plekke waar daar vrede is.Hulle sal veilig weesen hulle sal oor niksbekommerd wees nie.