2 Elkeen van hulle sal weessoos ’n afdak teen die winden harde reën.Hulle sal wees soos strome waterin ’n droë land,soos die skaduwee van ’n groot rotsin ’n land waar dit baie warm is.
3 Dan sal die oë van almalwat kan sien,nie meer toe wees nie,en almal wat kan hoor,sal dan luister.
4 Die mense wat ongeduldig wasen wat nie goed wou luister nie,sal dan luister en verstaan,en die mense wat gehakkel het,sal goed kan praat.
5 Niemand sal dan sê’n dwaas is ’n goeie mensof ’n skurk is ’n belangrike mens nie.
6 Want dwase mense praat nonsensen hulle dink net aan sonde.Hulle doen slegte dingeen hulle praat leuens oor die Here.Hulle gee nie kos vir honger mense nie,hulle gee nie water vir mensewat dors is nie.
7 Skurke is altyd besigom slegte dinge te doen.Hulle maak skelm planne en hulle liegom probleme te gee vir mensewat hulleself nie kan help nie,vir arm mensewat niks verkeerd gedoen het nie.
8 Maar ’n goeie mens dinkwatter goeie dinge hy kan doenen hy beskerm die goeie mense.