1 Volke, julle moet almal luister,die aarde en alleswat op die aarde is,moet luister,die wêreld en alleswat uit die wêreld kom,moet luister.
2 Die Here is baie kwaadvir al die volkeen vir al hulle soldate.Hy sal hulle almal laat doodmaak.
3 Hulle soldate sal sterf in oorlog,en die dooie liggame salop die grond lê en stink.Die berge sal vol bloed wees.
4 Al die sterre in die lug sal smelten die hemel sal toerolsoos ’n boekrol.Die sterre sal val soos droë blarevan ’n wingerdstok of ’n vyeboom val.
5 Wanneer die Here in die hemelsy swaard gereedmaakom bloed te laat vloei,dan sal sy swaard die Edomiete doodmaak.Hulle is die mense wat Hy wil straf,Hy wil hulle almal doodmaak.