9 Die water van die rivierevan die land Edom sal teer word,en die stof sal swael word,en die hele land sal brand.
10 Die vuur sal aanhou brand,elke dag en nag,dit sal aanhou rook.Die land sal net hope klippe wees,en niemand sal weerdeur die land loop nie.
11 Daar sal nie mensein die land woon nie,die land sal leeg wees.Daar sal net pelikane en uile woon,nag-uile en kraaie sal hulle nes daar maak.
12 Daar sal nie meer leiers weeswat die land Edom regeer nie,en daar sal nie meer amptenare wees nie.
13 Daar was voorheen mooi huisewat sterk mure gehad het,maar nou sal daar doringsen bossies groei.Daar sal jakkalse en volstruise woon.
14 Woestyn-diere sal daar bymekaarkom, veldgode sal mekaar roep,en die nag-gees sal daar woon.
15 Uile sal daar in die skaduweeop hulle eiers broei,en valke sal daar bymekaarkom,elkeen saam met sy wyfie.