1 Toe koning Hiskia dit hoor, het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek en na die tempel gegaan.
2 Die koning het die amptenare Eljakim en Sebna, en die leiers van die priesters na die profeet Jesaja toe gestuur. Jesaja was die seun van Amos. Hulle het rouklere gedra.
3 Hulle het vir Jesaja gesê: “Hiskia sê hierdie dag is ’n slegte dag, die Here straf ons vandag. Dit lyk of die Here ons gelos het. Dit is soos wanneer ’n baba al amper gebore word, maar sy ma is te swak om die baba te kry.
4 Miskien het jou God die Here gehoor wat die hoof-offisier gesê het. Dit is sy koning, die koning van Assirië, wat hom gestuur het om sleg te praat oor die God wat lewe. Miskien sal jou God die Here die koning van Assirië straf oor wat die koning gesê het. Ons wat nog lewe, is min, maar bid asseblief vir ons.”