9 Koning Hiskia van Juda was siek en hy het weer gesond geword. Hy het toe ’n lied geskryf. Hy het gesê:
10 Ek het gedink ek sal nogjonk wees wanneer ek sterf,ek sal na die doderyk moet gaanvoordat ek oud geword het.
11 Ek het gedink ek sal die Herenie weer sien nie,hier waar die mense woonwat lewe.Ek het gedink ek sal nooit weer’n mens sien nie,hier in die wêreldwaar die mense woon.
12 Die Here het myafgebreek en Hy het my gebêresoos ’n skaapwagter sy tentafslaan en bêre.Hy het my lewe afgesny en opgerolsoos ’n stukkie garing.Hy gooi my heeltemal weg,elke dag en nag.
13 Soos wanneer ’n leeu ’n bok vangen sy bene stukkend kou,so breek Hy my.Die Here gooi my heeltemal weg,elke dag en nag.
14 Ek sug en klasoos ’n voëltjie, soos ’n duif.Ek het opgekyk na die hemeltotdat my oë klein geword het.Here, dit gaan sleg met my,help my asseblief!
15 Wat moet ek sê?Dit is die Herewat dit gedoen het.Moet ek my hele lewelank swaarkry?