1 Die profeet het gesê:“Julle moet vir my volk sêdit sal nou beter gaan,julle moet sêdit sal beter gaan.”Dit sê julle God.
2 “Julle moet die mensevan Jerusalem bly maak,julle moet vir hulle sêhulle is nou nie meer slawe nie,hulle het klaar swaargekry.Ek het hulle klaar gestrafoor al hulle sondes.”
3 Iemand het geskree:“Julle moet in die woestyn’n pad gereedmaak vir die Here,julle moet die pad gelykmaak vir ons God!
4 Julle moet al die valleietoegooi met gronden julle moet al die berge plat maak,julle moet die heuwels wegvatsodat die grond gelyk is.
5 Dan sal die Here verskynen Hy sal vir almal wys Hy is die Koning.Die Here self het gesêdat Hy dit sal doen.”