5 Julle moenie bang wees nie,want Ek is by julle,Ek sal julle en julle kindersbymekaarmaaken Ek sal julle bringuit die ooste en uit die weste.
6 Ek sal vir die mense in die noorde sê:Julle moet my volk teruggee!En Ek sal vir die mense in die suide sê:Julle moenie my volk vashou nie!Bring my seuns en my dogters van ver,van oral op die aarde.
7 Bring elkeen wat Ek geroep hetsodat hy aan My sal behoort,bring elkeen wat Ek gemaak hetsodat hy My sal eer.”
8 Die Here sê:“Julle moet my volk hiernatoe laat kom,die volk wat oë en ore het,maar wat nie wil sien nie en nie wil hoor nie.
9 Al die volke moet hier bymekaarkom.Is daar een god by hulle wat kon sêwat sal gebeurof wat lank gelede gebeur het?As daar so ’n god is, dan moet hy praaten hy moet bewys dat hy ’n god is.Almal moet dit hoor en sê:‘Hy praat die waarheid.’
10 My volk, julle is die mensewat weet wie Ek is,julle is my dienaars,Ek het julle gekies.Ek het dit gedoensodat julle sal weet wie Ek is en My sal gloen sal verstaan.Daar was nie ’n ander godvóór My nie,en daar sal nie ’n ander godná My wees nie.
11 Ek, Ék is die Here.Daar is nie ’n ander godwat julle kan red nie.