15 Hy maak vuur met die houten hy maak hom warm,maar hy bak ook brooden hy maak ’n goden hy buig voor die god.
16 Hy maak vuur met party van die hout,en dan braai hy vleis en eettotdat hy genoeg geëet het.Hy maak hom warm en hy sê:‘Ek het lekker warm geword,die vuur het lig gemaak,en ek kon sien.’
17 Van die hout wat oorbly, maak hy ’n god.Hy buig voor die beeld en hy bid tot die beelden sê: ‘Red my, want jy is my god.’
18 Mense wat dit doen, is baie dom.Hulle oë is toe en hulle weet niewat hulle doen nie.
19 Hulle is baie dom,hulle het nie gedink dat hullevuur gemaak het met party van die houten brood gebak het op die koleen vleis gebraai en geëet het,en dat hulle ’n afgod gemaak hetvan die hout wat oorgebly het,en dat hulle nou buig voor ’n droë stuk hout nie.
20 Iemand wat dit doen, kul homself,hy kan homself nie red nie.Hy besef niedat die god wat hy van hout gemaak het,kan verbrand nie, dit beteken niks.
21 Nageslag van Jakob, Israeliete,julle moet hieraan dink, want julle is my dienaars.Ek het julle gemaak,julle is my dienaars,Ek sal julle nie vergeet nie.