12 Ek het die aarde gemaaken die mense daarop.My hande het die hemeldak gemaaken Ek het dit styfgetrek soos ’n tent,en Ek het gesê al die sterre moet daar wees.
13 Ek het vir Kores gestuurom te doen wat Ek wil hêen Ek maak al sy paaie gelyk.Hy sal my stad weer bouen hy sal my mense laat terugkom,my mense wat nou in ander lande is.Niemand sal hom betaal om dit te doen nie.”Dit sê die Here wat oor alles regeer.
14 Die Here sê vir die Israeliete:“Ek gee vir julle al die koring van die land Egipteen al die geld van die handelaars van die land Kus.Die groot manne van die land Seba sal kom.Julle sal hulle hande vasbind,en hulle sal voor julle buig en sê:‘Regtig, God is by julle,en daar is nie ’n ander God nie, nie een nie.’ ”
15 Niemand sien U nie, o God,maar U is die God van Israel,U red vir Israel.
16 Die mense wat beelde van gode gemaak het,is teleurgesteld,hulle voel verneder en skaam.
17 Maar die Herehet die Israeliete gered vir altyd.Hulle sal nooit teleurgesteld weesen nie weet wat om te sê nie.
18 Ja, dit is die Here wat praat.Hy het die hemel en die aarde gemaak.Hy het die aarde gemaak,maar Hy wil nie hê die aardemoet leeg wees nie.Nee, Hy het die aarde gemaaksodat daar mense kan woon.Hy sê:“Ek is die Here,daar is nie ’n ander Here nie.