14 Die Here sê vir die Israeliete:“Ek gee vir julle al die koring van die land Egipteen al die geld van die handelaars van die land Kus.Die groot manne van die land Seba sal kom.Julle sal hulle hande vasbind,en hulle sal voor julle buig en sê:‘Regtig, God is by julle,en daar is nie ’n ander God nie, nie een nie.’ ”
15 Niemand sien U nie, o God,maar U is die God van Israel,U red vir Israel.
16 Die mense wat beelde van gode gemaak het,is teleurgesteld,hulle voel verneder en skaam.
17 Maar die Herehet die Israeliete gered vir altyd.Hulle sal nooit teleurgesteld weesen nie weet wat om te sê nie.
18 Ja, dit is die Here wat praat.Hy het die hemel en die aarde gemaak.Hy het die aarde gemaak,maar Hy wil nie hê die aardemoet leeg wees nie.Nee, Hy het die aarde gemaaksodat daar mense kan woon.Hy sê:“Ek is die Here,daar is nie ’n ander Here nie.
19 Ek het gepraat waar almal My kon hoor,Ek het nie in ’n donker plek gepraat nie.Ek het nie vir die nageslag van Jakob gesêhulle moet My dien op ’n plekwaar Ek nie is nie.Ek, die Here, praat wat reg is,Ek sê wat regtig sal gebeur.
20 Israeliete, julle wat van die ander volke wegvlug,julle moet bymekaarkom,julle moet saam nader kom en kom luister.Die ander volke weet dit nie,die mense wat houtbeelde saam met hulle draen bid tot gode wat hulle nie kan red nie.