6 Dan sal al die volke weetdat net Ek God is.Ek is die Here, daar is nie ’n ander Here nie.
7 Ek laat dit lig word of donker word,Ek laat dit goed gaan of sleg gaan,Ek, die Here, doen dit alles.
8 Ek sal vrede gee soos reënuit die wolke in die lug,soos water uit die fonteinein die grond.Dit sal goed gaan,en almal sal reg doen.Ek, die Here, sal dit doen.”
9 Dit sal sleg gaan met iemandwat wil stry met die Godwat hom gemaak heten wat vir God wil sê Hy doen verkeerd.So iemand is soos ’n stuk van ’n kleipotwat gebreek het.Die klei kan nie praat met die pottebakkeren sê: “Wat maak jy?Jy werk nie reg nie.”
10 Dit sal sleg gaan met iemandwat vir sy pa en sy ma sê:“Ek is julle kind, maar hoekom lyk ek so?”
11 Dit is die Here wat praat,die Heilige God van Israel.Hy het Israel gemaak.Hy sê: “Hoekom vra jullewat sal gebeur en wie my kinders is?Hoekom wil julle vir my sê wat Ek moet doen?
12 Ek het die aarde gemaaken die mense daarop.My hande het die hemeldak gemaaken Ek het dit styfgetrek soos ’n tent,en Ek het gesê al die sterre moet daar wees.