1 “Bel en Nebo, die godevan die mense van Babel,het geval, hulle is dood.Ander mense sit die gode op diere,en die diere dra swaar.
2 Altwee gode het geval,hulle kan self niks dra nie,en die mense vat hulle wegna ’n ander land.
3 “Nageslag van Jakob,Israeliete wat nog lewe, luister na wat Ek sê.Ek het julle gedra vandat julle gebore is.
4 Ook wanneer julle oud en grys is,dan sal Ek julle nog dra.Ek het julle gemaaken Ek sal julle dra,ja, Ek sal julle dra en Ek sal julle red.
5 “Wat dink julle, wie is soos Eken wie kan doen wat Ek doen?Wat dink julle, wie is soos Ek?
6 Daar is mense wat geld uit hulle sak haalen silwer weeg op ’n weegskaal.Hulle betaal ’n ambagsmanom vir hulle ’n god te maak.Dan buig die mense voor die goden hulle aanbid hom.