2 Altwee gode het geval,hulle kan self niks dra nie,en die mense vat hulle wegna ’n ander land.
3 “Nageslag van Jakob,Israeliete wat nog lewe, luister na wat Ek sê.Ek het julle gedra vandat julle gebore is.
4 Ook wanneer julle oud en grys is,dan sal Ek julle nog dra.Ek het julle gemaaken Ek sal julle dra,ja, Ek sal julle dra en Ek sal julle red.
5 “Wat dink julle, wie is soos Eken wie kan doen wat Ek doen?Wat dink julle, wie is soos Ek?
6 Daar is mense wat geld uit hulle sak haalen silwer weeg op ’n weegskaal.Hulle betaal ’n ambagsmanom vir hulle ’n god te maak.Dan buig die mense voor die goden hulle aanbid hom.
7 Hulle tel die god op en hulle dra homen sit hom neer.Die god staan daar en hy kan nie beweeg nie.Wanneer iemand vir hom vra om te help,dan antwoord die god hom nie en red hom nie.
8 “Israeliete, julle wat opstandig is teen die Here,julle moet daaraan dinken julle moet dit goed onthou.