7 Hulle tel die god op en hulle dra homen sit hom neer.Die god staan daar en hy kan nie beweeg nie.Wanneer iemand vir hom vra om te help,dan antwoord die god hom nie en red hom nie.
8 “Israeliete, julle wat opstandig is teen die Here,julle moet daaraan dinken julle moet dit goed onthou.
9 Julle moet dink aan die dingewat lank gelede gebeur het.Ja, Ek is God, daar is nie ’n ander God nie.Ek is God, niks is soos Ek nie.
10 Dit is Ek wat lank gelede gesê hetwat sal gebeur.Ek het dit gesêlank voordat dit gebeur het.Dit is Ek wat sê Ek het besluiten dit sal gebeur,Ek sal doen wat Ek wil doen.
11 Dit is Ek wat uit die ooste ’n man geroep hetwat van ver kom soos ’n aasvoël.Ja, as Ek gesê het iets sal gebeur,dan gebeur dit.Ek doen wat Ek besluit het.
12 “Israeliete, julle is hardkoppig,julle doen nie wat reg is nie,maar julle moet luister na My.
13 Ek sal doen wat reg is,Ek sal dit goed laat gaan met julle,en dit sal gou gebeur.Ek sal dit goed laat gaan met Sion,Ek sal weer trots wees op die Israeliete.”