4 Dit is die Here wat ons vrymaak.Sy Naam is die Here wat oor alles regeer,Hy is die Heilige God van Israel.
5 “Babel, die mense het gesêjy regeer oor al die lande,maar hulle sal dit nie weer sê nie.Jy moet nou stilbly en in die donker sit.
6 Ek was kwaad vir my mense,Ek het gesê my volk is nie meer goedom My te dien nieen Ek het hulle vir jou gegeesodat jy hulle kan oorwin.Jy was nie jammer vir hulle nie,jy het ook die ou mensebaie swaar laat kry.
7 Jy het gedink jy sal altyd belangrik wees,jy het nie gedinkwat met jou kan gebeur nie.
8 Jy het gevat wat jy wil hêen jy dink jy is veilig.Babel, jy dink jou mensesal altyd in jou woonen jy sal nie word soos ’n weduweewat haar kinders verloor het nie.Maar nou moet jy luister.
9 Twee dinge sal met jou gebeur,dit sal skielik gebeur, op een dag:Jy sal alleen wees soos ’n weduweeen jy sal al jou mense verloor.Jy het gedink jy kan alles regmaakwanneer jy toor,maar hierdie dinge sal met jou gebeur.
10 Jy het gedink dit sal goed gaanas jy slegte dinge doen,jy het gedink niemand sien jou nie,jy het gedink jy is baie slim.Jy het vir jouself gesê:‘Niemand is soos ek nie.’