1 Die Here sê: “Nageslag van Jakob,julle wat julleself Israel noemen wat uit die Juda-stam kom,julle moet luister na wat Ek sê.Julle noem die Naam van die Herewanneer julle dinge belowe.Julle sê julle dien die God van Israel,maar julle doen dit nie regtig nie.
2 Julle noem julleself die mensevan die gewyde staden julle dink die God van Israelsal julle help.Sy Naam is die Here wat oor alles regeer.
3 Maar Ek het lank gelede gesê wat sal gebeur.Ek het dit gesê en Ek het dit gedoen.Dit het skielik gebeur.
4 Ek het geweet julle is hardkoppig.Julle koppe is so hardsoos yster en brons.