19 Hulle sê: “Die Heilige God van Israel moet gou maak,Hy moet sy werk vinnig doen, ons wil dit sien.Wat Hy besluit het, moet nou gebeur, ons wil dit weet.”
20 Dit sal sleg gaan met almal wat sêslegte dinge is goeden goeie dinge is sleg,almal wat maak of die donker lig isen of die lig donker is,almal wat sê bitter is soet en soet is bitter.
21 Dit sal sleg gaan met almal wat dink hulle weet baie,almal wat dink hulle is baie slim.
22 Dit sal sleg gaan met almal wat dink hulle is sterk mensewanneer hulle wyn drink en hulle bier sterk maak.
23 Dan sê hulle die man wat verkeerd gedoen het, is reg,en die man wat reg gedoen het, is verkeerd,omdat mense hulle betaal om dit te sê.
24 Daarom sal hulle brand soos kaf, soos gras wat afbrand.Daar sal niks oorbly van hulle nie,want hulle het nie gedoen wat die Here gesê het nie,die Here wat oor alles regeer.Die Heilige God van Israel het met hulle gepraat,maar hulle het gemaak of dit nie belangrik is nie.
25 Daarom het die Here baie kwaad geword vir sy volk.Hy het sy hand uitgesteek en hulle geslaan.Die berge het gebewe,en die lyke van die mense het soos vuilgoed in die strate gelê.Maar die Here hou aan om hulle te straf.Hy bly nog kwaad vir hulle.