25 Daarom het die Here baie kwaad geword vir sy volk.Hy het sy hand uitgesteek en hulle geslaan.Die berge het gebewe,en die lyke van die mense het soos vuilgoed in die strate gelê.Maar die Here hou aan om hulle te straf.Hy bly nog kwaad vir hulle.
26 Hy swaai sy vlag in die lug en Hy roep ’n volk wat ver is.Hy fluit vir hulle, en hulle kom baie vinnig uit ’n ver land.
27 Niemand is moeg nie, nie een van hulle val nie,nie een loop en slaap nie, nie een maak sy belt los nie,nie een se skoenveter breek nie.
28 Hulle pyle is skerp,hulle maak gereed om met pyl en boog te skiet.Hulle perde se pote is so hard soos klip,die wiele van hulle oorlogkarre draai soos warrel-winde.
29 Die vyande is soos leeus wat brulen wat ’n dier vang en wegsleep,en niemand kan die dier red nie.
30 Wanneer die vyande daardie dag kom,dan sal dit hard raas soos die see.Die land Israel sal donker wees.Die mense sal swaarkry.Donker wolke sal kom, en dit sal donker word.