1 Hulle het gevra:“Wie het geglo wat ons gehoor het?Vir wie het die Here gewys Hy is sterk?
2 Hierdie man was soos ’n plantjiewat begin groei het,soos ’n wortel wat in droë grondbegin groei.Hy was soos ’n plantjiewat ons nie raaksien nie,’n plantjie wat nie mooi is nie.
3 Al die mense het gedinkhierdie man is nie belangrik nieen hulle wou hom nie sien nie.Hy het swaargekry en hy was altyd siek.Die mense het hulle gesig weggedraai,hulle wou nie na hom kyk nie.Die mense het gedinkhy is nie belangrik nie,en ons het gedink hy beteken niks.
4 Maar hy was sieksodat ons gesond kan wees,hy het swaargekrysodat ons nie sal swaarkry nie.En ons het gedink dit is Godwat hom strafen wat hom slaan en verneder.
5 Ja, dit is óns wat opstandig was,maar hulle het hóm met ’n spies gesteek.Dit is óns wat verkeerd gedoen het,maar hulle het hóm stukkend geslaan.Hy het die straf gekrysodat dit goed kan gaan met óns,hy het seergekrysodat óns gesond kan wees.
6 Ons almal het soos skape en bokke rondgeloop,elkeen het geloop waar hy wou loop.Ons almal het verkeerd gedoen,maar die Here het daardie man gestraf.