4 Maar hy was sieksodat ons gesond kan wees,hy het swaargekrysodat ons nie sal swaarkry nie.En ons het gedink dit is Godwat hom strafen wat hom slaan en verneder.
5 Ja, dit is óns wat opstandig was,maar hulle het hóm met ’n spies gesteek.Dit is óns wat verkeerd gedoen het,maar hulle het hóm stukkend geslaan.Hy het die straf gekrysodat dit goed kan gaan met óns,hy het seergekrysodat óns gesond kan wees.
6 Ons almal het soos skape en bokke rondgeloop,elkeen het geloop waar hy wou loop.Ons almal het verkeerd gedoen,maar die Here het daardie man gestraf.
7 Die mense het hom verdruk en seergemaak,maar hy het niks gesê nie.Hy was soos ’n skaapwanneer iemand hom wil slagof wanneer iemand sy wol afskeer,hy het stilgebly en niks gesê nie.
8 Hy was ’n gevangene,hulle het gesê hy is skuldig.Was iemand bekommerdoor hoe dit met hom sal gaan?Nee, niemand nie.Hulle het hom afgesnyvan die mense wat lewe,hulle het hom laat swaarkryomdat sy volk opstandig was.
9 Hulle het vir hom ’n graf gereedgemaakby skuldige mense,en toe hy sterf, het hulle hom begraweby mense wat ander mense se goedgevat het en ryk geword het.Maar hy het niemand seergemaak nieen hy het niemand bedrieg nie.
10 Die Here het besluitdat die dienaar moet seerkry en siek word.Die Here het gesê hy is ’n skuld-offer.Daarom sal hy lank lewe en ’n nageslag hê.Die Here sal sy dienaar gebruikom te doen wat die Here wil doen.”