8 Hy was ’n gevangene,hulle het gesê hy is skuldig.Was iemand bekommerdoor hoe dit met hom sal gaan?Nee, niemand nie.Hulle het hom afgesnyvan die mense wat lewe,hulle het hom laat swaarkryomdat sy volk opstandig was.
9 Hulle het vir hom ’n graf gereedgemaakby skuldige mense,en toe hy sterf, het hulle hom begraweby mense wat ander mense se goedgevat het en ryk geword het.Maar hy het niemand seergemaak nieen hy het niemand bedrieg nie.
10 Die Here het besluitdat die dienaar moet seerkry en siek word.Die Here het gesê hy is ’n skuld-offer.Daarom sal hy lank lewe en ’n nageslag hê.Die Here sal sy dienaar gebruikom te doen wat die Here wil doen.”
11 Die Here sê:“My dienaar het baie swaar gekry,maar hy sal lewe en tevrede weesdat hy My ken.My dienaar is nie skuldig nie,hy is regverdig,en hy sal belangrike mense regverdig maak,want hy sal die straf kry vir alleswat hulle verkeerd gedoen het.
12 Daarom sal Ek vir hom ’n plek geeby die belangrike mense.Hy sal saam met die leiers besluithoeveel goed elkeen moet kryná die oorlog.Ek sal dit doen omdat hy tevrede wasom te sterf toe almal gedink hetdat hy een van die opstandige mense is.Hy het die straf gekry vir die sondevan die belangrike mense,en hy het gebid vir die mensewat opstandig was.”