1 Die Here sê:“Jerusalem, jy is soos ’n vrouwat nie kinders kon kry nie,maar jy moet juig en baie bly wees,want jy wat alleen was,sal meer kinders hê as ’n getroude vrou.
2 Jy moet jou tent groter maak,jy moet die tentseile wyer maak,jy moet die toue langer maak,en jy moet jou tentpenne sterker maak.
3 Want jy sal groter word na al die kante toe,jou nageslag sal ander volke oorwinen hulle sal weer woon in die stedewaar nou niemand is nie.
4 Jy moenie bang wees nie,jy moenie dink jy beteken niks nie.Jy moenie skaam wees nie,want niemand sal jou weer verneder nie.Jy sal die tyd vergeettoe jy ’n jongmeisie wasen toe jy ’n weduwee was,toe ander mense jou gespot het.