5 En kyk, julle sal ’n volk roepwat julle nie ken nie,’n volk wat julle nie ken nie,sal na julle toe hardloop.Want Ek is julle God die Here,die Heilige God van Israel,en Ek gee weer eer vir julle.”
6 Julle moet vir die Here vrawat Hy wil hê,Hy wil dit vir julle sê.Julle moet tot Hom bid,Hy wil hoor wat julle sê.
7 Die mense wat verkeerd doen,die mense wat slegte planne het,moet ophou.Hulle moet hulle planne los,en hulle moet terugkomna die Here, na ons God,want die Here is genadig,Hy vergewe altyd weer.
8 “Ja, Ek dink nie soos julle dink nie,en Ek doen nie soos julle doen nie.
9 Ja, wat Ek dink en doen,is ver bo wat julle dink en doen,soos die hemel ver bo die aarde is.
10 Ja, die reën en die sneeukom uit die hemelen dit gaan nie terug na die hemel nie.Dit maak die aarde nat,en daar groei plante wat saad geesodat die man wat wil saai, saad heten sodat die man wat wil eet, brood het.
11 So sal my woorde weeswat uit my mond kom,dit sal doen wat Ek wil hê.My woorde sal doen wat Ek gesê hethulle moet doen,my woorde sal nie leegna My toe terugkom nie.