1 Die Here sê:“Julle moet aanhou doenwat Ek vir julle gesê het.Julle moet reg doenaan ander mense,want Ek sal gou komom my mense te red.Almal sal dit sien.
2 Dit sal goed gaan met iemandwat die Sabbatdag nie ontwy nie,en nooit verkeerde dinge doen nie.
3 Daar is mense wat nie Israeliete is nie,en wat My kom dien.Hulle sê: ‘Die Here wil nie hê ons moetaan sy volk behoort nie.’En daar is mans wat ontman is.Hulle sê: ‘Ek is soos ’n droë boomwat nie vrugte kan dra nie.’Hulle moenie so dink nie,
4 want die Here sê:‘Die mense wat ontman is, moet aanhouom my Sabbatdag te vieren om te doen wat Ek wil hê.Hulle moet aanhou lewe soos Ek gesê hettoe Ek met die Israeliete ’n verbond gemaak het.
5 Dan sal Ek hulle name opskryfin my tempelsodat almal dit altyd sal onthou.Hulle name in die tempelsal vir hulle belangriker weesas seuns en dogters.Hulle name sal altyd daar wees.