7 Julle het vir julle beddens gemaakop die hoë bergeen julle het daarnatoe opgeklimom offers te bring.
8 Julle het beeldeagter die deure in julle huise gesit.Julle het weggegaan van Myen julle het ander gode gedien.Julle is soos ’n slegte vrouwat haar klere uittreken by ’n ander man in die bed klim,en dit is vir haar lekkerom na sy kaal liggaam te kyk.
9 Julle het baie olyf-olie en wierook geneemen julle het die afgod Molek gaan dien.Julle het boodskappers gestuurom nog gode te soek in ver plekke,ook in die doderyk.
10 Julle het so baie gesoekdat julle moeg geword het,maar julle het nie opgehou nie.Julle was altyd lus vir nog afgode,daarom het julle aangehou.
11 Vir wie was julle bang?Hoekom het julle aangehouom vir My te lieg?Hoekom dink julle nie meer aan My nie?Hoekom is julle nie bang vir My nie?Is dit omdat Ek so lank stilgebly het?
12 Julle dink julle het reg gedoen,maar Ek sal nou praatoor wat julle gedoen het,en julle gode sal julle nie kan help nie.
13 Dit is julle klomp godewat julle moet redwanneer dit sleg gaan met julle,maar hulle almal beteken niks,’n sagte windjie waai hulle weg.Die mense wat wil hêEk moet hulle beskerm,sal die land kry,en hulle sal op my gewyde berg kom woon.”