1 Die Here sê:“Jy moet hard skree,so hard soos wanneer iemand’n ramshoring blaas.Jy moet vir my volk,die nageslag van Jakob, sêhulle is opstandig,hulle doen sonde.
2 Hulle vra elke dagwat Ek wil hê hulle moet doen,hulle wil graag weetwat Ek vir hulle wil leer.Hulle doen dit soos mensewat reg wil doenen gehoorsaam wil weesaan hulle God.Hulle vra Ek moetreg oordeel oor hulle,hulle wil graag hêEk moet by hulle wees.
3 Maar nou wil hulle weethoekom Ek nie sienwanneer hulle vas nie,hulle sê hulle verneder hullevoor My maar Ek sien dit nie.Sê vir hulle: Julle vas,maar julle dink net aan julleselfop daardie dag,en julle laat werk die mensewat vir julle werk, nog harder.
4 Julle vas,maar julle beskuldig julle werkersen julle baklei met hulle.Hulle doen niks verkeerd nie,maar julle slaan hullemet die vuis.Wanneer julle vasen julle doen hierdie dinge,dan sal niemand in die hemel luisterwat julle bid nie.