8 Toe hoor ek die Here praat. Hy het gevra:“Vir wie sal Ek stuur?Wie sal vir Ons ’n boodskap bringna die mense van Juda toe?”Ek het gesê: “Hier is ek, stuur my.”
9 Die Here het gesê:“Gaan sê vir hierdie volk:‘Julle sal hoor en hoor wat Ek sê,maar julle sal nie verstaan nie.Julle sal kyk en kyk,maar julle sal nie weet wat julle sien nie.’
10 Jy moet hierdie volk dom maak,jy moet hulle ore laat toegaan.Jy moet hulle oë toemaak,sodat hulle nie kan sien en hooren verstaan en veranderen lewe soos Ek wil hê nie,en sodat Ek hulle nie sal gesond maak nie.”
11 Ek het gevra:“Here, tot wanneermoet ek dit doen?”En Hy het gesê:“Totdat daar nie meer mense oorblyin die stede nie,totdat daar nie meer mense woonin die huise nie,totdat daar nie meer koring en vrugte is nie,
12 en totdat Ek die mense weggevat hetna ’n ver land.Daar sal niks oorbly in die land nie.
13 Die vyande sal alles afbrandwat oorbly in die land,ook as daar net een tiende oor is.Maar wanneer ’n mens ’n eikeboomof ’n terpentynboom afkap,dan bly staan daar ’n stuk van die boomse stam in die grond.So sal die gewyde volk ook oorbly.”