1 Dit is die Gees van die Herewat my lei, Hy wat Here is,want die Here het my gesalf.Hy het my gestuurom goeie nuus te bringvir mense wat swaarkry,om mense te trooswat huil en treur,om vir gevangeneswat geboei is, te sêhulle is vry, hulle mag uitgaan.
2 Ek moet vir almal sêdit is nou die tyd wanneer die Heregoed sal wees vir ons.Ons God sal sy vyande strafmaar Hy sal dit goed laat gaanmet almal wat nou huil en treur.
3 Hy sal alles verandervir die mense van Sion wat nou treur.Daar is nou as op julle koppe,maar julle sal blomme op julle koppe hê.Julle treur nou,maar julle sal bly weesen julle sal olyf-olie aan julle smeer.Julle voel nou baie hartseer,maar julle sal singen fees-klere aantrek.Ander mense sal sê julle,die mense van Sion,is bome wat regtig issoos die Here wil hêhulle moet wees.Die Here het hulle geplantom Hom te eer.
4 Julle sal die stede weer bou,die stede wat nou net hope klippe is,die plekke wat lank gelede verwoes isen wat baie jare lank so stukkend gelê het.
5 Mense uit ander lande sal vir julle werk.Hulle sal julle skape en bokke oppasen in julle lande en wingerde werk.
6 Julle self sal priesters van die Here wees,mense wat vir ons God werk.Die duur en mooi dinge van die volkesal aan julle behoort,en julle sal dit geniet en lekker eet.