3 Hy sal alles verandervir die mense van Sion wat nou treur.Daar is nou as op julle koppe,maar julle sal blomme op julle koppe hê.Julle treur nou,maar julle sal bly weesen julle sal olyf-olie aan julle smeer.Julle voel nou baie hartseer,maar julle sal singen fees-klere aantrek.Ander mense sal sê julle,die mense van Sion,is bome wat regtig issoos die Here wil hêhulle moet wees.Die Here het hulle geplantom Hom te eer.
4 Julle sal die stede weer bou,die stede wat nou net hope klippe is,die plekke wat lank gelede verwoes isen wat baie jare lank so stukkend gelê het.
5 Mense uit ander lande sal vir julle werk.Hulle sal julle skape en bokke oppasen in julle lande en wingerde werk.
6 Julle self sal priesters van die Here wees,mense wat vir ons God werk.Die duur en mooi dinge van die volkesal aan julle behoort,en julle sal dit geniet en lekker eet.
7 Ander mense het julle vernederen hulle het gesê julle beteken niks,maar julle sal twee maal meer kryas wat julle voorheen gehad het,en mense sal sê julle is baie belangrik.Julle sal in julle land twee maal meer hêas ander menseen julle sal altyd bly wees.
8 Die Here sê: “Ek, die Here,is lief vir wat reg is,maar Ek haat mensewat ander mense se goed steelen wat nie reg doen aan hulle nie.Ek sal alles vir my volk geewat Ek vir hulle belowe het,Ek sal ’n verbond met hulle maak,’n verbond wat altyd sal aanhou.
9 Die ander volke sal die nageslag van my volk ken.Almal wat die mense van hierdie geslag sien,sal weet die Here seën hulle.”